Sostieni il Podcast
Contatti
Info
Kom luister na al ons dienste!
Sostieni il Podcast
Episodi & Post
Episodi
Post
28 SET 2026 · Ons aanvaar baie keer die lewe as vanselfsprekend… Soms kom ons in situasies wat ons besef dat die lewe en dood verbasend naby aan mekaar is. Dan ontdek ons dat die lewe ‘n geskenk van God is en dat dit baie kosbaar is!
Wanneer hierdie besef deurdring tot ons, wil ons volkome vir die Here leef en sy teenwoordigheid elke dag ontdek. Dan het ons die troos dat Here ook by ons in ons dood teenwoordig is! Ons hele lewe word dan omsluit deur God se teenwoordigheid en ons kan voluit vir die Here lewe!
Kom ontdek saam dat God teenwoordig is in ons hele lewe! Nooi iemand saam.
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
22 SET 2026 · Kinders van God kry ook soms seer – op baie meer maniere as net fisiese beserings. Dan wonder ons dikwels oor die doel daarvan, veral as genesing nie na wense plaasvind nie. Ons mag dan selfs wonder oor waar God in hierdie stukkie lewensverhaal van ons is. Sondag dink ons na oor die wonder van wonde aan die hand van Jeremia 15:10-21. Ons deel ook in 'n ware verhaal van genesing waar meer as een tipe wond ter sprake was.
Daar word nagmaal by Seniortuis bedien.
Groete
Michiel Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
14 SET 2026 · Sondag praat ons verder oor ons reeks: Ontdek God in die gewone! Ons dink oor God se teenwoordigheid baie keer as ernstig en self kwaai!
Kom ontdek God saam in die gewone van lag en speel! Herontdek weer die vreugde van die lewe midde van die uitdagings wat ons daagliks beleef...
Sien jou Sondag en nooi iemand saam!
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
7 SET 2026 · Sondag se tema is kos en etes in die Bybel. Ons fokus veral op hoe Jesus etes gereeld gebruik het as geleenthede vir opbouende tafelgesprekke.
Om Hom hierin na te volg, kan 'n verrassende positiewe invloed in ons lewens hê. Ons praat oor eenvoudige maar nogtans effektiewe maniere om dit te doen.
Groete
Hannes Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
31 AGO 2026 · Ons weet God is altyd by ons. Tog ervaar ons Hom nie altyd in ons lewens nie. Dan begin die soektogte na Hom. Jesus gee vir ons 'n antwoord in Matteus 25:31-40 waar ons Hom wel kan vind — in ons gewone omgee vir ons medemens ... Die Moot Kantate koor tree ook tydens die erediens op.
Sien jou Sondag!
Michiel Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
24 AGO 2026 · Sondag gesels ons verder oor hoe ons God in ons gewone lewe van reis en op paaie-wees, kan ontdek.
Ons is baie keer so gefokus om by ons bestemmings uit te kom dat ons die reis van die lewe mis. Die lewe gebeur nie net by die bestemmings nie, maar veral ook tydens die reis! Kom beleef saam die avontuur en vreugde om die lewe as reis te herontdek.
Sien jou Sondag op die kerkterrein of digitaal. Nooi sommer iemand saam.
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
18 AGO 2026 · Sondag sit ons die avontuur met ons reeks, Ontdek God in die gewone, voort met ons tema: Was en Reinig.
Almal van ons was of reinig elke dag onsself of iets anders. Ons almal wil skoon wees en skoon leef. Ons gesels hoe ons daaglikse was en reiniging ons kan help om skoon en rein voor die Here te leef.
Ons gaan ook saam die nagmaal vier wat mooi aansluit by ons tema. Sien jou Sondag op die kerkterrein of digitaal. Nooi iemand saam.
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
12 AGO 2026 · Ontdek God in die gewone: verrassende mense!
Ons sit ons reeks: Ontdek God in die gewone, Sondag voort.
Deel van ons gewone lewe is dat ons oorgange beleef in verskillende tye in ons lewens. Hierdie oorgange is soms uitdagend!
Die merwaardige is dat die Here soms verrassende mense gebruik juis in hierdie tye van ons lewens. Die vraag is: is ons oop om dit raak te sien en te ontdek?
Kom kuier Sondag in persoon saam of digitaal. Nooi gerus iemand saam!
Groete
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
3 AGO 2026 · Ons begin Sondag met 'n nuwe opwindende reeks: Ontdek God in die gewone.
Ons soek God se teenwoordigheid baie keer in buitengewone dinge. Hierdie reeks wil jou help om God se teenwoordigheid al hoe meer in jou gewone lewe te ontdek.
Sondag praat ons oor die tema: Slaap en wakker word! Hoe sluit ons die dag af en hoe begin ons 'n nuwe dag saam met die Here?
Sien jou graag op die kerkterrein of digitaal. Nooi iemand saam.
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
27 LUG 2026 · Soms wonder ons of ons lewens werklik ‘n impak maak! Daar is ‘n paar dinge wat ons baie daarmee kan help soos 1. Wie is ons? 2. Wat is ons doel op aarde? 3. Hoe kan ons dit uitleef?
Die Here het ons geroep en toegerus met gawes om sinvol te leef en ‘n impak te maak. Sondag gesels ons oor hoe ons dit kan doen. Wees deel van ons saamwees op die kerkterrein of digtaal.
Nooi gerus mense saam.
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
Unisciti al Supporters Club di "Riviera-Jakaranda Gemeente"
Inizia a supportare questo podcast e entra a far parte della sua community.
Kom luister na al ons dienste!
Informazioni
| Autore | Riviera-Jakaranda |
| Organizzazione | CJ |
| Categorie | Cristianesimo |
| Sito | rivierajakaranda.org.za |
| admin@rivierajakaranda.org.za |
Copyright 2026 - Spreaker Inc. an iHeartMedia Company