Copertina del podcast

Praat politiek met Netwerk24

  • Netwerk24 praat politiek met Enoch Godongwana

    3 MAG 2019 · Nie net Suid-Afrika nie, maar ook die ANC is by 'n kruispad met vanjaar se verkiesing, het Enoch Godongwana, lid van die ANC se NUK en voorsitter van dié party se subkomitee oor ekonomiese transformasie, aan Gert van der Westhuizen gesê in ons reeks, Praat politiek met Netwerk24. Luister ook na wat hy te sê het oor die belangrikheid van sosiale kohesie tussen die land se rassgeroepe. Hy verduidelik voorts dat onteiening sonder vergoeding nie 'n aanval op eiendomsregte is nie.
    Ascoltato 36 min. 6 sec.
  • Netwerk24 praat politiek met dr. Pieter Groenewald

    25 APR 2019 · Hoor wat dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in die derde aflewering van Praat politiek met Netwerk24 te sê het oor moontlike koalisies na vanjaar se verkiesing. Hy gesels ook oor onteiening sonder vergoeding, hoe belangrik die Afrikaner se belange vir sy party is en of jy jou stem sal mors as jy vir 'n klein party soos die VF Plus stem.
    Ascoltato 35 min. 35 sec.
  • Netwerk24 praat politiek met mnr. Mosiuoa Lekota

    17 APR 2019 · Regstellende aksie is niks anders nie as die werkreserveringswette van apartheid nie, sê mnr. Mosiuoa Lekota, leier van Cope. Luister wat hy alles hieroor en oor ander aktuele kwessies soos onteiening sonder vergoeding, swart ekonomiese bemagtiging en samewerking tussen die land se onderskeie rassegroepe te sê het in die volgende aflewering van Praat politiek met Netwerk24.
    Ascoltato 24 min. 56 sec.
  • Netwerk24 praat politiek met Mmusi Maimane

    9 APR 2019 · Die DA het in die afgelope tyd heelwat kritiek gekry oor onder meer sy standpunt oor swart ekonomiese bemagtiging en die binnegevegte wat hom oënskynlik lamgelê het. Luister wat Mmusi Maimane, leier van die DA, oor hierdie en talle ander verkiesingskwessies te sê het.
    Ascoltato 37 min. 22 sec.

Dink jy nog oor waar jy jou kruisie moet trek in vanjaar se verkiesing? Kom luister na Praat politiek met Netwerk24 en hoor wat leiers en hoogeplaastes van die DA,...

mostra di più
Dink jy nog oor waar jy jou kruisie moet trek in vanjaar se verkiesing? Kom luister na Praat politiek met Netwerk24 en hoor wat leiers en hoogeplaastes van die DA, Cope, Vryheidsfront Plus en die ANC sê oor talle aktuele sake soos onteiening sonder vergoeding en korrupsie. Dalk help dit jou om finaal te besluit vir wie jy gaan stem.
mostra meno
Contatti
Informazioni

Sembra che non tu non abbia alcun episodio attivo

Sfoglia il catalogo di Spreaker per scoprire nuovi contenuti

Corrente

Copertina del podcast

Sembra che non ci sia nessun episodio nella tua coda

Sfoglia il catalogo di Spreaker per scoprire nuovi contenuti

Successivo

Copertina dell'episodio Copertina dell'episodio

Che silenzio che c’è...

È tempo di scoprire nuovi episodi!

Scopri
La tua Libreria
Cerca