Copertina del podcast

Landbouweekliks

  • ‘Om in die paradys te kan boer’

    26 NOV 2020 · Rossouw Cillié is die voorsitter van Pro-Agri en uitvoerende hoof van Laastedrif-boerdery. Dié boerdery is ’n mega-onderneming wat oor verskeie plase strek in die omgewing van Ceres en in die Sandveld. Rossouw het die boerdery binne twee dekades opgebou van ’n gewone vrugte- en skaapplaas tot een van Suid-Afrika se grotes. Landbouskrywers SA het hom in 2013 as nasionale Boer van die Jaar aangewys. Naas groente, vrugte en vee is daar ook ’n bemagtigingsplaas waarby meer as 135 werkers betrokke is.
    Ascoltato 18 min. 21 sec.
  • Hiér word drome ’n werklikheid

    16 NOV 2020 · Ons kuier in die Klein-Swartbergpas. Mnr. Christof Cloete boer al byna 40 jaar lank met steenvrugte op die plaas Rietvlei in die distrik Laingsburg in die Wes-Kaap. Christof was voorheen voorsitter van Koup Produsente, die landboukoöperasie op Laingsburg wat onlangs sy 75ste bestaansjaar gevier het, asook voorsitter van Agri Wes-Kaap. Hy is ook al meer as 10 jaar lank ’n mentor en mede-aandeelhouer van die bemagtigingsprojek op die nabygeleë plaas Doornkloof. Hierdie plaas se vrugte is bestem vir die droëvrugtebedryf.
    Ascoltato 16 min. 47 sec.
  • Derek Mathews: ‘Weet wat in jou grond aangaan’

    9 NOV 2020 · Ons kuier by mnr. Derek Mathews, ondervoorsitter van Graan SA. Hy boer met mielies, sonne­blomme en sojabone op die plaas Silverton by Sannieshof in Noordwes. Hy boer al van 1983 af en is die vierde geslag van sy familie op die plaas. Sedert hy na bewaringsboerdery omgeswaai het, het hy meer as 60 liter brandstof op elke hektaar bespaar. Daar is ook minder las van wind­erosie. Weens die droogte moes hy al verskeie planne maak om staande te bly. In 2016 het hy Graan SA se eerbewys vir inspirerende leierskap ontvang.
    Ascoltato 18 min. 6 sec.
  • Boere met 'n oog vir 'n geleentheid

    2 NOV 2020 · Ons kuier by Dewald Te Water van die plaas Schurvekop tussen Trichardt en Bethal in Mpumalanga. Dewald het in 1999 by sy ouer broer, Billy, aangesluit nadat die boerdery tot só ’n mate uitgebrei het dat Billy nie meer by alles kon uitkom nie. Dié twee broers het ’n oog vir ’n geleentheid. Die besigheid bestaan uit ’n saai- en beesboerdery, ’n kunsmis- en mielieverwerkingsaanleg en ’n bou- en grondverskuiwingsmaatskappy. Naas beeste boer Dewald onder meer met mielies en soja-, suiker- en mungbone.
    Ascoltato 17 min. 37 sec.
  • Arcadia Bonsmara: Sukses oor generasies gebou

    26 OTT 2020 · Ons lê besoek af by Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara in die Vrystaat. Dié bekroonde stoetbeesteler van die Vrede-distrik van die Oos-Vrystaat is sinoniem met Bonsmaras en bou voort op ’n reputasie wat oor geslagte opgebou is. Die stoetery het in 1937 die lig gesien en in 1958 is Bonsmaras vir die eerste keer in die kudde ingebring. Arthur bespreek graag sy kennis en ondervinding en het al verskeie rubrieke en raadgewende artikels in landboupublikasies geskryf.
    Ascoltato 19 min. 48 sec.
  • Dawie en Danie Bester boer vorentoe met tegnologie

    19 OTT 2020 · Ons lê besoek af by Dawie en Danie Bester, ’n pa-en-seunboerderyspan van Mpumalanga wat al 17 jaar saam boer. Danie en sy pa verbou hoofsaaklik mielies en sojabone op die Rietbult-landgoed, ’n klipgooi buite Balfour. Hy gebruik die nuutste tegnologie en geenbewerking om die beste moontlike opbrengs volgens sy grond se potensiaal te behaal. Danie is ’n voorstander van presisieboerdery en sê dié metode het sy opbrengste noemenswaardig opgestoot.
    Ascoltato 18 min. 19 sec.
  • Schoonbee-boerdery: Volgehoue toewyding en omgee

    14 SET 2020 · Ons besoek die Schoonbee-landgoed naby Groblersdal in Limpopo. Dié gesiene familie­besigheid is in 1950 op die been gebring en beslaan nou amper 3 000 ha oor drie produksiegebiede. Vandag voer hierdie boerdery sitrus en tafeldruiwe uit na 33 lande, hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond, en is ook betrokke by wildteeltprojekte met eksotiese en inheemse wild. Hulle bedryf ook ’n uitgebreide bemagtigingsinisiatief in die Loskopvallei, waar hul wortels diep lê.
    Ascoltato 19 min. 14 sec.
  • Pieter de Kock: Werk hard, hou aan verbeter

    14 SET 2020 · Pieter de Kock van Thabazimbi in Limpopo het ’n besondere liefde vir die Afrikanerbeesras wat gedy ten spyte van erge strestoestande. Hy voorsien ook vleis aan AfriBeef, ’n handelsmerk wat geskep is om veral die vleissagtheid van hierdie ras te bemark. Pieter is passievol oor die oordrag van kennis aan die jonger geslag en sy Pronk-Afrikanerstoetery is as die Landbounavorsingsraad se Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar vir 2019 bekroon.
    Ascoltato 19 min. 10 sec.
  • Justin Stirk: Liefde en geesdrif vir boerdery

    9 SET 2020 · Ons kuier by mnr. Justin Stirk, wat ’n gemengde boerdery bedryf in die distrik Southwell in die Oos-Kaap. Vertakkings sluit in sigorei, makadamianeute, pikantrissies, mielies, Bonsmarakoeie en Boerbokooie. Justin se beeste is sy trots en hy is ook ’n lid van die Frontier Bonsmaras-groep. “Ander mense het stokperdjies, maar ek hou daarvan om beeste te teel,” sê hy oor sy liefde vir die Bonsmaras. Die droogte het vanjaar sy produksie beperk, maar Justin is positief oor die toekoms.
    Ascoltato 18 min. 48 sec.
  • Justin Stirk: Liefde en geesdrif vir boerdery

    31 AGO 2020 · Ons kuier by mnr. Justin Stirk, wat ’n gemengde boerdery bedryf in die distrik Southwell in die Oos-Kaap. Vertakkings sluit in sigorei, makadamianeute, pikantrissies, mielies, Bonsmarakoeie en Boerbokooie. Justin se beeste is sy trots en hy is ook ’n lid van die Frontier Bonsmaras-groep. “Ander mense het stokperdjies, maar ek hou daarvan om beeste te teel,” sê hy oor sy liefde vir die Bonsmaras. Die droogte het vanjaar sy produksie beperk, maar Justin is positief oor die toekoms.
    Ascoltato 18 min. 5 sec.

'n Podcast deur Landbouweekblad. Die span van Landbouweekliks het al die land vol gereis om die landbou en Suid-Afrika se merkwaardige boere se stories in kykers se woonkamers te vertel....

mostra di più
'n Podcast deur Landbouweekblad. Die span van Landbouweekliks het al die land vol gereis om die landbou en Suid-Afrika se merkwaardige boere se stories in kykers se woonkamers te vertel. Die reeks vermaak kykers al vir byna twee jaar op VIA (kanaal 147 op Dstv) al vir twee jaar lank met stories uit die landboubedryf. Luister in dié podcast na jou gunsteling Landbouweekliks-episode en ontmoet die boere wat hulle deel doen om die land te bou.
mostra meno
Informazioni
Autore Media24 Leefstyl
Categorie Documentari
Sito -
Email -

Sembra che non tu non abbia alcun episodio attivo

Sfoglia il catalogo di Spreaker per scoprire nuovi contenuti

Corrente

Copertina del podcast

Sembra che non ci sia nessun episodio nella tua coda

Sfoglia il catalogo di Spreaker per scoprire nuovi contenuti

Successivo

Copertina dell'episodio Copertina dell'episodio

Che silenzio che c’è...

È tempo di scoprire nuovi episodi!

Scopri
La tua Libreria
Cerca